Description
Hudson Taylor
Hudson Taylor en sy sussies , Amelia en Louisa , was mal oor avonture , Hulle het saam wilde moerasgebiede , afgesonderede woude , droee klipdyke en doringrige heinings verken.
Maar ’n mense bly nie vir altyd ’n kind nie. Toe Hudson Taylor een en twintig jaar oud was , het hy sy tuise en sy land verlaat om halfpad om die wereld na China toe te reis. In hierdie biografie sal jy kan uitvind hoe sy gesin gevoel het, watter gevare hy moes trotseer en watter avonture hy belewe het en waarom hy in die eerste plek China toe is.
Hudson Taylor het China toe gegaan omdat hy geweet het dat duisende mense elke dag daar gesterf het sonder dat hulle ooit van ’n lewende en liefdevolle God gehoor het Hy het besef dat hy die Here se opdrag om”die hele wereld in te gaan en die evangelie te verkondig” (Markus 16:15), moes gehoorsaam.
Ervaar hoedat Hudson se lewe deur ’n ontsaglike storm bedreig was. Vind uit watter probleme hy in die gesig gestaar het toe hy besluit het om Chinese klere te dra , en belewe hoe sy sussies gewag het op briewe wat so lank geneem het om aan te kom. As jy ook graag ’n avontuur of twee wil belewe , sit terug en laat die avontuur begin …
Reviews
There are no reviews yet.